BIND

BIND (Berkeley Internet Name Domain) is die mees algemeen gebruikte Domein-naam stelsel bediener op die internet, veral op Unix-tipe stelsels, waar dit 'n de facto standaard. Die programmatuur word ondersteun deur die Internet Systems Consortium. BIND is oorspronklik geskep deur vier gegradueerde studente by die Universiteit van Kalifornië, Berkeley en is oorspronklik saam met 4.3BSD vrygestel. Paul Vixie het die programmatuur in 1988 begin ondersteun terwyl hy nog by DEC werksaam was.

'n Nuwe weergawe van BIND (BIND 9) is van voor af geskryf om verskeie probleme met die ouer weergawe veral sekuriteitskwessies aan te spreek. Ander belangrike kenmerke van BIND 9 sluit in: TSIG, DNS notify, nsupdate, IPv6, rndc flush, views, multiverwerker ondersteuning en verbeterde oordraagbare argitektuur. Dit word baie algemeen op Linux-stelsel gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search